Macassar-polisie het Sondag (7 Januarie) twee verdagtes van onderskeidelik 27 en 41 jaar in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik die vorige dag (Saterdag 6 Januarie) ’n motor in Mountainview-informele nedersetting naby Jamestown in Stellenbosch gekaap het. Volgens AO Desiré Adendolf, ’n woordvoerder van die Macassar-polisie, is die verdagtes wat aangekla is van die besit van ’n gekaapte Toyota Corolla omstreeks 20:50 in Macassar vasgekeer. Die voertuig is glo die vorige dag omstreeks 04:00 gekaap terwyl die slagoffer onderweg was na sy werk. Volgens die polisie is die slagoffer ongedeerd. Die twee manlike verdagtes het gister (Dinsdag 9 Januarie) in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn. Die uitkoms van die hofverskyning was teen druktyd nie bekend nie.Foto:


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article