Polisie trek verdagtes vas in gekaapte Toyota

Macassar-polisie het Sondag (7 Januarie) twee verdagtes van onderskeidelik 27 en 41 jaar in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik die vorige dag (Saterdag 6 Januarie) ’n motor in Mountainview-informele nedersetting naby Jamestown in Stellenbosch gekaap het.