Stokperdjieskrywers- en digters word genooi na ‘n praatjie en bespreking deur Ernie Mellet (foto), ‘n bekende opleier van beginnerskrywers, in die saal van die Somerset-Wes-biblioteek op Saterdag 17 Mei van 09:30 tot 12:00. Die tema is “Waar kom stories (en gedigte) vandaan en waarom is hulle soos kolwyntjies?” Daar sal informeel gesels word oor hoe stories en gedigte aanmekaar gesit word en wat die bestanddele is. Alles word gedoen aan die hand van Mellet se nuwe handboek, Die Avontuur van Skryf en Dig, ‘n Gids vir Stokperdjieskrywers en Skryfgroepe. Toegang is gratis, vraetyd word ingeruim en daar is ook ‘n boek-uitverkoping. Bespreek jou plek voor Donderdag 15 Mei by 079 333 0055 of erniemellet@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.