Probleme in Sektor 2 bespreek

Ten spyte van ’n swak opkoms het inwoners van Sektor 2 van die Strand-polisie se polisiëringsgebied Maandag 6 Junie die eerste gemeenskapsvergadering (imbizo) in die Beverley Hills Life-changing Centre gehou. Sektor?2 bestaan uit die gemeenskap van die Allan?Boesak-, Morkel Cottage-, Liberty- asook Webstraat en die Beverly Hills-woonbuurte, waar inwoners swaar onder bendeverwante misdade gebuk gaan.