Netbalspelers in aksie tydens die RDM-geboude sportdagfees vir Jeugdag in Macassar en Deep Freeze.
Netbalspelers in aksie tydens die RDM-geboude sportdagfees vir Jeugdag in Macassar en Deep Freeze.

Netbalspelers in aksie tydens die RDM-geboude sportdagfees vir Jeugdag in Macassar en Deep Freeze.
‘n Sportdagfees ter viering van Jeugdag is op Maandag 16 Junie deur Rheinmetall Denel Munition (RDM) vir die Macassar-gemeenskappe in Deep Freeze aangebied. By die geleentheid is ‘n netbal- en raak-rugby- toernooi gehou waaraan jongmense van die gebied deelgeneem het. Die sportdag is deur RDM se Macassar- gemeenskapsentrum-fasiliteerder, Chris Janneke, gereël om ‘n gees van samehorigheid in die gemeenskap te skep. Die meisies van B-blok in Macassar was die wenners van die netbaltoernooi, terwyl die seuns van Deep Freeze as raakrugby-kampioene gekroon is. Ná die toernooi is almal bederf met iets om te eet en ‘n sappie vir die dors. FOTO: Die bal in spel by die netbaltoernooi by die sportdagfees, wat deur RDM geborg is.

You need to be Logged In to leave a comment.