Lede van die Strand-tak van die Vroue-landbouvereniging (VLV) het in die lig van vanjaar se tema, “Plant bome vir die nageslag”, twee wildepruim­bome aan die Strand-rolbalklub oorhandig. “Ons weet ons sal dalk nie eendag in die skaduwee onder dié bome kan sit nie, maar dit is ’n belegging in die toekoms. Bome is ’n uitstekende bron van suurstof omdat dit koolsuurgas uit die lug neem, en natuurlik beskerm bome ons teen die strale van die son, wat dikwels tot velkanker kan lei,” het ’n persverklaring gelui. Die wildepruim of Harpehyllum Caffrum is inheems, immergroen en ’n vinnige groeier. Dit kan tot 15 m hoog groei en die klein vruggies is eetbaar vir diere. Die organisasie beplan ook om ’n skenking aan Ons Plek te oorhandig. Op die foto is (van links) Anton van Schoor, Linda Potgieter, Leta du Preez (voorsitter van die Strand-VLV), Eugene van Vuuren (die Strand-rolbalklub se president), Franci Albertyn (landbou-sameroeper van die Strand-VLV) en André Cloete.


You need to be Logged In to leave a comment.