Die Hoërskool Strand pronk met skitterende leerders as Allegretto- nasionale eisteddfod-finaliste! Die top-10 is onlangs aangekondig en word deur ’n puntestelsel vir die provinsiale halfeindronde bepaal. Die gr. 11-leerder Michael Ruzvidzo is eerste in die land vir senior gedramatiseerde werk

Jan-Dawid de Clerck – Engels drama, Wes-Kaap-wenner.

Xander Mulligan (gr. 11) en Micheal Heyns (gr. 12) spog met die gesamentlike agste plek vir senior gedramatiseerde werk.

Die Arende se talentvolle sangvoëls.

Michael Ruzvidzo – Afrikaans drama, Wes-Kaap-wenner.

Die afdelingwenners Gabriella Benade (links) en Saskia McDilling.

You need to be Logged In to leave a comment.