Die Laerskool De Hoop se senior dramaproduksie, Sal die See sy Mond uitspoel?, onder leiding van onderwyser Samuel Jumat, het die afgelope seisoen baie goed gevaar en pronk met gesogte toekennings. Die jong toneelspelers van die skoolproduksie is as algehele laerskoolwenners by die Silwervaring-kunstefees aangewys en die teaterstuk is ook as die algehele wenproduksie by die De Kuilen-toneelfees aangewys. Jumat het ook met die trofee as beste regisseur weggestap. Samantha Harris en Ruben Pfaff het die trofeë vir beste ondersteunende akteur en aktrise by die Montague-kunstefees gewen. Isabel Hanekom het die trofee vir beste ondersteunende aktrise by die Silwervaring-kunstefees verower.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article