Francois Pietersen en Jordan Waynne-Vaaltyn van die Hoërskool Strand het by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap in Germiston uitstekend gevaar. Francois het ’n goue medalje in hamergooi gewen met ’n briljante afstand van 56.75 m (973 punte op die ASA-tabel). Jordan het ’n goue medalje in ’n skitterende 4×400 m-aflos gewen en ’n sewende plek in die eindronde van die 400 m-hekkies behaal.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article