SKOLESPORT: De Hoop kolf Klein Gim kis

Die Laerskool De Hoop het verlede Saterdag (11 Februarie) in ’n 40-beurt-wedstryd kragte gemeet met die Laerskool Paarl Gimnasium (Klein Gim) in Paarl. De Hoop het in sy kolfbeurt 305 lopies aangeteken.