Skool hou weer interhuis-atletiek ná 5 jaar

Strand Sekondêre Skool kon vir die eerste keer sedert 2018 ’n interhuis-atletiekbyeenkoms hou te danke aan die oop hande van die gemeenskap. Die atletiekbyeenkoms is verwesenlik nadat ’n beroep Donderdag 19 Januarie op die gemeenskap gedoen is om saam te span en moue op te rol om die skool se sportvelde netjies gemaak.