Strand Sekondêre Skool (SS) kon vir die eerste keer sedert 2018 ’n interhuis-atletiekbyeenkoms hou te danke aan die oop hande van die gemeenskap. ’n Beroep is Donderdag 19 Januarie op die gemeenskap gedoen en die dag daarna is die skool se sportvelde netjies gemaak. Vrydag (27 Januarie) kon die skool sy interhuis-atletiekbyeenkoms op die sportterrein in Gordonsbaai aanbied. Die leerders kon egter op hul eie veld en by hul eie skool vir die interhuis-byeenkoms voorberei waaruit die top-atlete gekies gaan word om die skool by die opkomende interskole-atletiek-byeenkoms te verteenwoordig.Foto: Rick Marais