Skool in hul noppies met hul trompoppies!

Dr. G.J. Joubert Primêre Skool deel met trots die uitslae van hul trompoppies wat vroeër vandeesmaand (Julie) by die nasionale kampioenskap in Durban uitgeblink het. Die trompoppies van die Strandse laerskool het die vele prestasies ingeryg.