’n Plaaslike eiendomsagentskap het ’n ‘Stationery Drive’-program van stapel gestuur net voordat die skole geopen het en waar hulle Helderbergers gevra het om skryfbehoeftes – van potlode en penne tot boeke, inkleurpotlode, Pritt en als wat tussen-in val – te skenk. Volgens Jeslyn Thorne, administratiewe klerk by Seeff Strand, het die skenkingsboks vinnig opgevul en kon hulle die skryfbehoeftes Dinsdag 16 Januarie aan Trevor de Waal, die skoolhoof van Somerset-Wes Metodiste Primêr, oorhandig. Thorne sê die skryfbehoeftes is vir leerders wat dalk nie al die skryfbehoeftes het nie en hier en daar nog iets benodig.

Credit: SYSTEM