Die Lourensrivier NG kerk se gewilde feesmark is weer hier en bied soos gewoonlik die geleentheid om heerlik rond te snuffel tussen ’n verskeiden­heid gehalteprodukte, waaronder juweliersware, klere, speelgoed, blomme en tuisgemaakte lekkernye teen weggeepryse. Die jaarlikse feesmark het verlede Vrydag (21 Oktober) begin en duur tot Saterdag 5 November in die kerksaal, op die hoek van Broadwayweg en Da Gamastraat in Strand. Toegang na die feesgeleentheid word van die ingang in Jenningstraat gebied. Die feesmark vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar. Talle Helderbergers het Saterdag (22 Oktober) by die mark ingeloer en is deur die markbestuurder, Annalie Möller, en haar regterhand, Louis Koekemoer, verwelkom.

Jamey Gordon