Dié groep karateka’s van die Junbukan-dojo het onlangs ’n suksesvolle gradering gehad. Die studente het ná afloop van die gradering nuwe gordels en sertifikate ontvang. Die dojo is in die Strand-buurtwag-saal in Masonicstraat, Strand, geleë. Klasse word Maandae en Donderdae van 18:00 tot 19:30 aangebied. Belangstellendes kan sensei Stefan Koekemoer via WhatsApp by 079 849 5291 kontak.


You need to be Logged In to leave a comment.