Die Hoërskool Parel Vallei se trots, Charl Engelbrecht, het tussen Donderdag 23 Maart en Woensdag 5 April aan drie verskillende Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe deelgeneem. Maande se konstante, harde werk is beloon met die een ná die ander puik prestasie. Charl se hoogtepunt was ongetwyfeld sy bronsmedalje by die SA senior en gekombineerde-items-kampioenskap in die o.16-vyfkamp. Charl het sy veelsydigheid as atleet in vyf verskillende items bewys, waarvan die punte bymekaargetel is om die uiteindelike wenner te bepaal. Hy het die volgende plekke en altesaam 2 757 punte vir sy items behaal: 1ste in verspring 5.79 m (542 punte), 2de in 1 000 m 3:06.41 (603 punte), 2de in hoogspring 1.76 m (593 punte), 4de in gewigstoot 9.70 m (468 punte) en 5de in die 100 m-hekkies 16.39s (551 punte). Charl het twee dae ná die vyfkamp saam met vyf ander Parel Vallei-atlete aan die SASA SA Skole-atletiekkampioenskap in Germiston deelgeneem. Hier het hy die sewende plek met ’n sprong van 1.8 m in die hoogspring vir seuns o.16 behaal. Daarna het hy in die ASA SA Atletiekkampioenskap in Pietermaritzburg die beste posisie van Parel Vallei se agt atlete wat deelgeneem het, behaal. Sy 1.85 m in die hoogspring het hom 810 punte en ’n vierde plek besor


You need to be Logged In to leave a comment.