’n Sake-eienaar van Strand en sy werknemer, wat Maandag 26 September deur die Valke in hegtenis geneem is nadat hulle vermoedelik steroïede verkoop het, se saak is tot volgende jaar uitgestel.

Christiaan Jacobus Roode (38), die eienaar van Nutrition Technology, het hom aan die Valke oorgegee nadat sy werknemer Jean Stemmet (24) in hegtenis geneem is.

Die twee is weens die beweerde oortreding van die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het dat Roode na bewering steroïede uit sy winkel verkoop.

Die twee het Dinsdag 27 September vlugtig in die Strand-landdroshof verskyn en is op borgtog van onderskeidelik R5 000 en R10 000 vrygelaat.

Die twee het weer Maandag 31 Oktober in die landdros­hof verskyn.

Volgens Eric Ntabazalila, ’n woordvoer­der van die direktoraat van openbare vervolging in die Wes-Kaap, is die saak tot Woensdag 15 Februarie vir verdere ondersoek uitgestel.

You need to be Logged In to leave a comment.