Strand-misdaadvegters staan op teen geweld

Lede van die Strand-polisie in samewerking met dié van die Strand-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het met ’n vreedsame optog ter ondersteuning van die veldtog vir 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders (van Saterdag 25 November tot Sondag 10 Desember) die strate ingevaar. Die optog het Maandag 4 Desember plaasgevind en die kollig opnuut…

Lede van die Strand-polisie in samewerking met dié van die Strand-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het met ’n vreedsame optog ter ondersteuning van die veldtog vir 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders (van Saterdag 25 November tot Sondag 10 Desember) die strate ingevaar. Die optog het Maandag 4 Desember plaasgevind en die kollig opnuut geplaas op die belangrikheid om die kosbare lewens van vroue en kinders te koester. Deelnemers het die staptog met kleurvolle plakkate by Rusthof Superette begin en al die pad tot by Morkel Cottage gestap. Die Strand-GPF se Niklaas Thysen vertel gemeenskapslede en leiers van verskeie organisasies asook kerke is ook tydens die optog aangemoedig om die belangrike veldtog te ondersteun.

Credit: SYSTEM