Twee susters van Rusthof, Strand, het nie net die 70 000-volgelinge-kerf op TikTok oorskry nie, maar is ook aan­ge­wys as die twee kokke wat volgende jaar hul eie kookpro­gram op ViaTV gaan hê. Najma Abrahams (Tietie) en Azbah Fanie (Nanna) het onlangs die goeie nuus ontvang by ViaTV se tuiskokprogram-uitdunne waar hulle onder die top-agt was. Hier het Tietie en Nanna asook ’n ander deelnemer elk hul eie afsonderlike kookprogram op ViaTV losgeslaan. “Dit het gelyk of ons dit nie gaan maak nie, maar nadat die beoordelaars ons kos geproe het, was hulle baie beïndruk. Toe ons die nuus kry, was dit omtrent ’n tranedal,” vertel Azbah. In Januarie vind opnames plaas vir hul toekomstige kookpro­gram en tot dan sal hulle steeds weekliks op hul TikTok-kanaal te sien wees.Foto: Rick Marais


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article