Twee van die Hoërskool Strand se toutrekkers, Blaize Bosch en Francois Uys, is vir die Suid-Afrikaanse o.23-presidentspan gekies. Dié span sal van Maandag 1 tot Sondag 7 Mei aan die Afrika-kampioenskap in Kimberley deelneem. “Ons is baie trots op hierdie twee manne. Mag hierdie die begin van nog baie groot dinge wees!” het die Hoërskool Strand in ’n persverklaring gesê.


You need to be Logged In to leave a comment.