Twee vas met dosyne kreefsterte

Twee mans is die afgelope Vrydagmiddag (12 Januarie) teen omstreeks 13:00 in Clarencerylaan, Gordonsbaai, met 770 kreefsterte betrap.

Twee mans is die afgelope Vrydagmiddag (12 Januarie) teen omstreeks 13:00 in Clarencerylaan, Gordonsbaai, met 770 kreefsterte betrap. Die twee manlike verdagtes van onderskeidelik 38 en 44 jaar het volgens die Gordonsbaai-polisie reeds Maandag (15 Januarie) die eerste keer in die Strand-landdroshof verskyn. Die twee verdagtes is ingevolge die Wet op Seevisserye weens die vermeende onwettige besit van kreefsterte aangekla.

Credit: SYSTEM