Twee verdagtes, 33 en 29, is onderskeidelik Woensdag 25 en Donderdag 26 Januarie in Strand weens drie afsonderlike misdade deur polisielede aangekeer. Die eerste verdagte is vasgetrek in verband met poging tot moord. Die tweede verdagte is ook weens ’n saak van poging tot moord asook een oor ’n rooftog met ’n vuurwapen in hegtenis geneem. Die vuurwapen en ammunisie op die foto is vermoedelik waarmee die rooftog uitgevoer is. Die verdagtes het reeds in die Strand-landdroshof verskyn. Albei het weer Donderdag (2 Februarie) vir hul formele borgtogaansoek verskyn.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article