Inwoners van ACVV Huis Soeterus in Strand het verlede Vrydag (13 Januarie) hul eerste uitstappie na die strand vir die jaar geniet. Volgens Hannelie Koekemoer, hoof van die tehuis, voel die personeel en inwoners verfris ná die uitstappie. Die weer het perfek saamgespeel en die bejaardes het strandlangs gewandel. Huis Soeterus se kombuisbestuurder, Nadia Smith (van Feedem), het ’n tafel met koffie en beskuit uitgepak en ’n inwoner, wat die bejaardes op hul uitstappie gesien het, het besluit om vir elkeen ’n roomys te koop. “Dit maak hulle weer opgewonde, lus vir die lewe en hulle voel nie so vasgedruk in die tehuis nie,” vertel Koekemoer.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article