Dit het Dean Marais meer as ‘n dekade geneem om sy droom te verwesenlik. Nou het sy deurbreekrol hom van kerktoneelstukke in Macassar tot ‘n benoeming vir ‘n gesogte Nasionale Film- en TV-toekenning (NFTA) geneem.
“Ek was 17 jaar oud toe ek besluit het ek wil ‘n akteur word. Dit het my nog 17 jaar geneem om tot hier te kom,” sรช Marais.

Diรฉ 36-jarige akteur is Woensdag 15 Oktober vir sy rol in sy eerste rolprent, The Heart is a Muscle, vir die toekenning as beste ondersteunende akteur in ‘n rolprent vir die derde NFTA’s benoem.
Die fliek, ‘n riller wat op die Kaapse Vlakte afspeel, is ook die regisseursdebuut van Imran Hamdulay. Dit handel oor die hoofkarakter Ryan (Keenan Arrison), wie se seun tydens ‘n braai vlugtig vermis word. Ryan kies geweld as reaksie en die rimpel-uitwerking hiervan plaas hom op ‘n reis van selfontdekking, gefokus op vergifnis. Kortliks handel die rolprent daaroor om trans-generational trauma te oorkom.
Marais bring die karakter Andrรฉ tot lewe. Hy is ‘n enkelouer met ‘n verlede, maar hy wil vir sy kind ‘n beter lewe bied.
“Daar is baie enkelouer-huishoudings, maar ons is nie altyd bewus van vaders [wat kinders alleen grootmaak] nie. Ek wou vir hulle ‘n stem gee,” verduidelik Marais. “Mense neig om na die swaarkry van enkelouers te kyk, maar vergeet van die emosionele onrus.”

Die rol het alles van Marais geรซis. Tydens die maand lange verfilming – hoofsaaklik in Ottery – in 2022, is hy geheel deur die karakter oorgeneem.”Ek het op die stel aan Andrรฉ se emosies vasgehou en kon my nie daarvan losmaak nie,” vertel Marais.
Ek het nie die huis verlaat nie; ek het nie my baard geskeer of my hare gesny nie…
Daardie emosionele belegging het aanskoulike dividende met sy onlangse NFTA-benoeming gelewer.

The Heart is a Muscle het sy internasionale buiging in Februarie by die 75ste Berlynse filmfees gemaak en weggestap met die gesogte Ecumenical Jury-toekenning. Boonop is die fliek in September as Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 98ste Academy Awards, ofte wel die Oscars, gekies.
Suid-Afrikaners het tydens die 13de Silwerskermfees in Augustus hul eerste smakie van die rolprent gehad. Hier het die fliek met die toekenning as Beste Speelprent en Mees Oorspronklike Partituur gewen, asook vier ander benoemings, waaronder een vir Marais as beste byspeler.
Die wortels van Marais se suksesverhaal lรช diep in dieselfde gemeenskap was wat in die rolprent uitgebeeld word. Hy is in Macassar gebore en getoรซ, maar was van kleins af maar ‘n stil kind. Hy het as jeugdige uit sy dop begin kruip toe hy saam met sy ma in kerktoneelspele opgetree het.
“Ek was aan die Hoรซrskool Zandvliet, maar daar was nooit enige dramaprogramme nie, dus het ek my verhoog in die kerk gevind,” verduidelik hy.
Die pad van Macassar na internasionale erkenning was nie maklik nie. Hy wou nรก matriek in toneelspel studeer, maar finansiรซle terugslae het hom genoop om eerder te gaan werk.
Marais het op 24-jarige ouderdom as ‘n ekstra in films soos Maze Runner gewerk. Dis hier waar hy vir agt jaar eerstehands oor die rolprentbedryf geleer het.

Sy familie het sy keuse bevraagteken, maar sy selfvertroue en passie het hom laat volhard. “Ek het geglo die talent wat ek by my ma geรซrf het, moes net verfyn word,” onthou hy.
In 2021 het Marais uiteindelik by die rolprent-agentskap Authentik Management aangesluit en ‘n jaar later is hy aan Suid-Afrikaners as Craig Meyer in die Afrikaanse telenovela, Arendsvlei, op die kassie bekendgestel.
Hy is in 2023 gekies om die rol van Andrรฉ in The Heart is a Muscle te vertolk. “Ek dink dit is God se timing, omdat alles wat nou gebeur, in lyn is met wat met die rolprent gebeur het,” vertel Marais, wat die nuus van sy NFTA-benoeming via WhatsApp-groep ontvang het.
Ek het opgespring en geskree; my ma het die wasgoed laat val en my pa was in trane oor die nuus.
Nรก jare van gebed voel Marais uiteindelik hy het sy doel bereik, maar hy benadruk dat hy nie sy komvandaan vergeet het nie. Hy is oorweldig met boodskappe en gelukwense uit die Macassar-gemeenskap.

‘n Spesiale oomblik nรก die nuus van sy benoeming was die voorskou wat in dieselfde plek waar hy sy liefde vir toneelspel ontdek het, gespeel is. “Hulle het die voorskou in die kerk gespeel sonder om my vooraf in te lig. Ek het dit nie verwag nie, maar ek is dankbaar daarvoor,” sรช Marais.
Om terug te ploeg in sy gemeenskap, het begin om aspirante jong akteurs in sy kerk te help om ‘n kortfleik te skiet. “Ek dink nie ek het baie om aan te bied nie, maar ek sal die bietjie wat ek het, gebruik om die kinders in my gemeenskap te verhef. Hulle is die mense wat deur alles agter my gestaan het.”
Marais hoop sy storie sal die volgende generasie akteurs van Macassar inspireer.
Om dit eenvoudig en duidelik te stel – as jy na my kwalifikasies op papier moet kyk… Die kanse om sukses te bereik, was teen my, maar dit het my nie gekeer nie.
Die NFTA-toekennings vind op Saterdag 22 November by die Suid-Afrikaanse staatsteater in Pretoria plaas.
๏ฎDie prys word aan die akteur met die meeste stemme in sy guns toegeken. Om vir Marais te stem, besoek gerus https://nationalfilmacademy.com/voting.






You must be logged in to post a comment.