Strand-buurtwaglede is verlede Donderdag (6 Oktober) omstreeks 13:15 ingelig van ’n kind wie se selfoon glo in Suiderstrand gesteel is. ’n Beskrywing van die verdagtes is na die buurtwag asook al die onderskeie veiligheidsmaatskappye gestuur. Kort daarna is twee verdagtes met die gesteelde selfoon betrap en aan die Strand-polisie oorhandig. Danksy die flinke optrede van ’n lid van die Strand-buurtwag het dit daartoe gelei dat die verdagtes vinnig opgespoor en in hegtenis geneem is. Bo is die onderskeie veiligheidsbeamptes en buurtwaglede by die verdagtes wat hulle vasgetrek het. Die Strand-polisie het bevestig die 32-jarige vrou en 36-jarige man is op ’n aanklag van roof in hegtenis geneem en het Maandag (10 Oktober) in die Strand-landdroshof verskyn.


You need to be Logged In to leave a comment.