Verdagtes met gesteelde selfoon betrap

Strand-buurtwaglede is verlede Donderdag (6?Oktober) omstreeks 13:15 ingelig van ’n kind wie se selfoon glo in Suiderstrand gesteel is. ’n Beskrywing van die verdagtes is na die buurtwag asook al die onderskeie veiligheidsmaatskappye gestuur. Kort daarna is twee verdagtes met die gesteelde selfoon betrap en aan die Strand-polisie oorhandig.