Die meeste vroue droom van ’n groot wit troue, maar voor die “I do’s” en die ruikergooi móét ’n belangrike vraag eers beantwoord word: Is jy ’n trouvrou of eintlik maar net ’n houvrou? Daarom gaan soek VIA weer sélf vir die land se top-trouvrou in die tweede seisoen van die werklikheidsprogram Houvrou of trouvrou? Agt ongetroude vroue sal – soos in die eerste seisoen – om dié gesogte titel meeding. Die wenner slaan nie ’n trouman los nie, maar lag al die pad bank toe met ’n tamaai geldprys van ’n paar honderd duisend rand in haar handsak. Inskrywings vir die nuwe seisoen van Houvrou of trouvrou? is nou oop. Stuur ’n WhatsApp na 064 521 8157 of e-pos na [email protected] en sê waarom jy dink jy trouvrou-materiaal is! Wie weet, dalk stap jy weg met die antwoord wat jy graag wil hê en – natuurlik – ’n vet geldprys! Inskrywings sluit Dinsdag 2 Mei.Foto:


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article