VIA soek weer SA se top-trouvrou

Die meeste vroue droom van ’n groot wit troue, maar voor die “I do’s” en die ruikergooi móét ’n belangrike vraag eers beantwoord word: Is jy ’n trouvrou of eintlik maar net ’n houvrou? Daarom gaan soek VIA weer sélf vir die land se top-trouvrou in die tweede seisoen van die werklikheidsprogram Houvrou of trouvrou?