’n Vrou is Maandagoggend (5 Junie) in Neethlingstraat, Strand, dood nadat sy glo ’n hartaanval gekry het. Die Strand-polisie het die voorval bevestig en gesê die vrou is aan vermoedelike natuurlike oorsake dood en geen saak is by die polisie geopen nie. Die vrou was na bewering op pad skool toe om kinders af te laai en het gedurende die rit stilgehou en uitgeklim. Sy was reeds oorlede toe paramedici op die toneel aankom.

Credit: SYSTEM

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article