Vuurwapens van strate af

Die polisie se teen-bende-eenheid het Donderdag (21 September) onderskeidelik om 01:00 en 01:45 op twee wonings in Gustrouw en Rusthof toegeslaan en groot klopjagte uitgevoer waarin vier onwettige vuurwapens en ammunisie van die strate verwyder is.