Die polisie se teen-bende-eenheid het Donderdag (21 September) onderskeidelik om 01:00 en 01:45 op twee wonings in Gustrouw en Rusthof toegeslaan en groot klopjagte uitgevoer waarin vier onwettige vuurwapens en ammunisie van die strate verwyder is. Twee verdagtes is in hegtenis geneem. Die tweede (en grootste) wapenvonds was teen 01:45 in Gustrouw-rylaan toe ’n woning deurgesoek is en onder ’n bank ’n sak met drie vuurwapens – ’n .38-Special Taurus asook ’n 9 mm-Parabellum-vuurwapen en ’n Browning-pistool met drie magasyne – gevind is. Al drie vuurwapens se reeksnommers was nog op die wapens. In die eerste klopjag teen omstreeks 01:00 by Agtste Straat in Rusthof is ’n Astra-6.35 mm-pistool gevind. Volgens ’n polisieverslag het die pistool ook ’n reeksnommer gehad. Al twee verdagtes in albei sake is in hegtenis geneem weens die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article