Waardige vroue
Nasionale Vrouedagvieringe het vroeg begin in die Helderberg, met ’n ontbyt wat Dinsdag (8 Augustus) by die Somerset-Wes-nagskuiling aangebied is. Die geleentheid is deur dié skuiling in samewerking met die Masincedane-gemeenskapsdienste gereël om vroue by albei fasiliteite in Kerkstraat en Kays-woonwapark, asook in die gemeenskap se unieke vrouwees te vier.
Share this post:
