Nasionale Vrouedagvieringe het vroeg begin in die Helderberg, met ’n ontbyt wat Dinsdag (8 Augustus) by die Somerset-Wes-nagskuiling aangebied is. Die geleentheid is deur dié skuiling in samewerking met die Masincedane-gemeenskapsdienste gereël om vroue by albei fasiliteite in Kerkstraat en Kays-woonwapark, asook in die gemeenskap se unieke vrouwees te vier. Volgens die nagskuiling se maatskaplike hulp­werker, Laverne Sass, word die geleentheid jaarliks aangebied “om ons vroue te herinner dat hulle ten spyte van hul omstandighede waardig is”. Die vrolikheid het, buiten ontbyt, ’n gebed deur Mina Bell, motiverings­praatjies deur die gassprekers Michelle Turner van Reach Out To Others en Elliot Smith asook geskenke ingesluit. By die vieringe was Laverne Sass, Petru Byleveldt, Janet Fredericks (Masincedane) en Doreen Fingers (Lourensia­park-gemeenskapsleier). Foto: Yaseen Gaffar


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article