Die winter bied unieke uitdagings vir bloedinsameling – seisoenale siektes soos verkoue en griep, minder skenkings-klinieke vanweë skoolvakansies en minder mense wat in die koue uitgaan.
Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKBS) begin daarom sy jaarlikse winterveldtog met die tema “Helde” om hierdie tekort te bekamp. Met die boodskap “Tree aan om ‘n held te wees” herinner die WKBS ons dat helde nie kappies dra nie, maar eenvoudig hul moue oprol om lewens te red. As spesiale dankie sal die bloeddiens van Mei tot Augustus beperkte weergawe “heldesokkies” aan skenkers gee – ‘n hartlike teken van waardering vir hul
lewensreddende bydrae. Enigeen tussen 16 en 75 jaar oud, wat minstens 50 kg weeg en in goeie gesondheid verkeer, kan ‘n held word deur bloed te skenk.
Besoek wcbs.org.za of stuur ‘n WhatsApp-boodskap aan 060 549 7244 vir nog inligting.